Thu
Thu
Thu
Thu

George

Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Wilderness

Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Uniondale

Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Haarlem

Thursday°C

Important numbers

Electricity044 874 3917
Water / Sanitation044 801 9262/9266
Fire 044 801 6311
Refuse Removal044 802 2900
Traffic / Licence044 878 2400 / 044 801 9315
George Law Enforcement044 801 6350
GO GEORGE Call Centre0800 044 044
George Municipality Switchboard044 801 9111
Hide -
Published: 13 Sep 2017Title: 13/09/17: Water Statistics for Greater GeorgeStatus: Dam level/Damvlak - 41.21%; Rainfall/Reënval - 0.5mm; Demand 28 megalitres; Target 22 megalitres; 5 months left; Weekly dam level change 1.3%
Published: 07 Sep 2017Title: Notice of refuse removal after public holidayStatus: Please take note that refuse removal of the public holiday, Monday, 25 September will be done on Tuesday, 26 September 2017.
Published: 30 Aug 2017Title: 2C water restrictions implementedStatus: Follow this link to find out what the 2C Water Restrictions are and how it applies to you http://www.george.gov.za/sites/default/files/content_uploads/George%20Municipality%20-%20Water%20Restrictions.pdf
Published: 26 Apr 2017Title: Municipal MoneyStatus: Municipal Money is a website for ratepayers to review how municipal money is spent. Please follow the link: https://municipalmoney.gov.za/
4
Home 4Contact usShow

Weather

George
Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Weather

Wilderness
Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Weather

Uniondale
Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Weather

Haarlem
Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Important numbers

Electricity 044 874 3917
Water / Sanitation 044 801 9262/9266
Fire 044 801 6311
Refuse Removal 044 802 2900
Traffic / Licence 044 878 2400 / 044 801 9315
George Law Enforcement 044 801 6350
GO GEORGE Call Centre 0800 044 044
George Municipality Switchboard 044 801 9111
05 July 2017

Boetes vir die oorteding van waterbeperkings geimplementeer

Boetes vir die oortreding van waterbeperkings in die George munisipale gebied sal hierdie week geïmplementeer word as deel van die stad se maatreëls om watersekuriteit te bestuur. Afhangende van die tipe oortreding, kan herhaaloortreders tot R4000 per oortreding betaal of selfs ses maande tronkstraf kry indien hulle skuldig bevind word.

Die George Munisipaliteit het op 1 Junie 2017 waterbeperkings in terme van die owerheid se Droogtebestuursbeleid aangekondig toe die Tuinroete Dam – wat die groter George-gebied van water bedien – tot onder 60% gedaal het. Die mees onlangse damvlaklesing, wat weekliks op Woensdae geneemword, was 51.63% op 5 Julie 2017.

George Munisipale Bestuurder Trevor Botha het gesê die boetes weerspieël die munisipaliteit se proaktiewe en ernstige aanslag benadering tot watersekuriteit. “Ons kan nie sit en wag vir reën wat gaan kom of nie gaan kom nie, ons moet nou spaar sodat ons nie later spyt is nie.”

Oortredings van waterbeperkings kan by 044 801 6350 gerapporteer word, waarop wetstoepassingsbeamptes sal reageer en dan sal ondersoek. Oortreders wat op heterdaad betrap word sal onmiddellik ‘n boete uitgereik word aan en sal deur die munisipale hofproses geprosedeer word. ‘n Getekende verklaring deur ‘n getuie wat iemand anders gesien oortree het, kan ook tot ‘n boete vir die oortreder lei. Na drie oortredings, kan tronkstraf van toepassing wees.

Om oortreders suksesvol te kan vervolg en die klagte te kan registreer, word rapporteerders gevra om hulle volle besonderhede aan beamptes te verskaf, maar die klaer kan anoniem aan ander mense bly.

Besighede en individue kan vir uitsondering aansoek doen, maar moet verstaan dat dit slegs onder uitsonderlike omstandighede toegestaan sal word omdat die beperkings bedoel is om die gebruik van water vir nie-essensieële doeleindes te ontmoedig.

Mnr Botha het inwoners gevra om mede-inwoners en besoekers aan die waterbeperkings en boetes te herinner en daarvan in te lig – veral in gevalle soos tydelike inwoners en mense wie vir ‘n ruk uitsteding mag gewees het en dalk nie van die beperkings weet nie, en miskien tuinsproeiers het wat op geprogrammeerde tye aangaan.

Ons herinner inwoners en besighede wat van nie-munisipale water soos boorgate en reservoirs gebruik maak, om dit duidelik met ‘n ‘EIE WATER’-kennisgewing aan te dui om waaksame bure en wetstoepassingsbeamptes daarvan bewus te maak. Neem asseblief kennis dat selfs met die kennisgewing  mag wetstoepassingsbeaptes vra om die waterbron te sien om eie water  te bevestig.

“Hierdie is nie ‘n heksejag nie, dit is ‘n daadwerklike poging om water te bespaar waar ookal en hoe ookal ons kan,” het Mnr Botha gesê.

Skulderkenningsboetes sal soos volg uitgereik word:

Oortredingstipe Eerste oortreding Tweede oortreding Derde oortreding
Natmaak van plekke anders as tuine, gholf-setperke, rolbalbane en krieketblaaie R1 000 R2 000 R4 000
Natmaak van tuine buite goedgekeurde tye

(Huise met gelyke nommers: Maandae/Donderdae 7nm-9nm)

(Huise met ongelyke nommers: Dinsdae/Vrydae 7nm-9nm)

R500 R1 000 R2 000
Meganiese natmaak van tuine, tuinnatmaak met tuinslang wat nie in die hand is nie, karwas met tuinslang (behalwe karwasbesighede), die opvulling van swembaddens met munisipale water en die was van buite-oppervlakke  met tuinslange met munisipale water R750 R1 500 R3 000

Die waterbeperkings beteken die volgende maatreëls is onmiddellik in plek:

  1. Die meganiese natgooi van tuine word verbied.
  2. Tuine mag slegs per hand met tuinslange, op spesifieke dae en tye, natgegooi word.

Huise met gelyke nommers mag SLEGS Maandae en Donderdae tussen 7nm en 9nm tuin natgooi.

Huise met ongelyke nommers mag SLEGS Dinsdae en Vrydae tussen 7nm en 9nm tuin natgooi.

  1. Die natgooi van sportvelde  word verbied. Die enigste uitsondering s is gholfbaan-setperke, rolbalbane en krieketblaaie wat daagliks tussen 7nm en 9nm natgegooi mag word.
  2. Die was van voertuie met ‘n tuinslang, behalwe vir karwasbesighede, word verbied.
  3. Die skoonmaak van enige buite-oppervlakarea met ‘n tuinslang met munisipale water word verbied.
  4. Die volmaak van swembaddens met munisipale water word verbied.
  5. Waar eie water vanuit boorgate of reservoirs gebruik word, moet ‘n ‘EIE WATER’-kennnisgewing duidelik op die werf of perseël aangebring word.

 

Meld asseblief alle waterlekke, gebarste  pype en ander waterbekommernisse  by die Siviele Ingineursdepartement aan by 044 801 9262 of na-ure by 044 801 6300 sodra u dit oplet.

 

Oortredings van die waterbeperkings kan by 044 801 6350 aangemeld word.

Last published 05 July 2017