Thu
Thu
Thu
Thu

George

Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Wilderness

Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Uniondale

Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Haarlem

Thursday°C

Important numbers

Electricity044 874 3917
Water / Sanitation044 801 9262/9266
Fire 044 801 6311
Refuse Removal044 802 2900
Traffic / Licence044 878 2400 / 044 801 9315
George Law Enforcement044 801 6350
GO GEORGE Call Centre0800 044 044
George Municipality Switchboard044 801 9111
Hide -
Published: 15 Nov 2017Title: Weekly Water Status 15 November 2017Status: Rainfall for the Week: 65 mm; Dam level: 66.5 %; Demand: 32 Ml; Target: 22 Ml; Weekly dam level difference: 2.28 %
1
Home 1Contact usShow

Weather

George
Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Weather

Wilderness
Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Weather

Uniondale
Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Weather

Haarlem
Thursday°C
Thu
Thu
Thu
Thu

Important numbers

Electricity 044 874 3917
Water / Sanitation 044 801 9262/9266
Fire 044 801 6311
Refuse Removal 044 802 2900
Traffic / Licence 044 878 2400 / 044 801 9315
George Law Enforcement 044 801 6350
GO GEORGE Call Centre 0800 044 044
George Municipality Switchboard 044 801 9111
15 June 2017

BEWUSMAKINGSVELDTOG LIG NUWE R4 000 DEERNISDRUMPEL UIT

‘n George munisipale bewusmakingsveldtog om die nuwe deernisdrumpel van R4000 per maand (vanaf R3500 in die vorige finansiële jaar) vir huishoudings uit te lig, het op 5 Junie met die eerste van ‘n reeks gemeenskapsvergaderings regoor die munisipale gebied afgeskop.

Die maandlange Kredietbeheer- en Deernis-bewusmakingsveldtog is daarop gemik om huishoudings wat dalk kan voordeel trek uit munisipale korting daaroor in te lig, hoe om daarvoor te registreer, wie daarvoor kwalifiseer en hoe om inligting op te datteer. Die veldtog mik ook om algemene vrae oor kredietbeheer te antwoord en word deur die toepaslike beamptes van die munisipaliteit se finansiële departement bygewoon.

Die vergaderings vind soos volg plaas:

 

DATUM: TYD: PLEK: GEBIED:
19 Junie 2017 6NM-7.30NM All Brick gemeenskapsaal Thembalethu
  6NM-7.30NM Kidstop Borchards
20 Junie 2017 6NM-7.30NM Congregational Kerk (KongKerk) Rosemoor
  6NM-7.30NM Blanco Gemeenskapsaal Blanco
21 Junie 2017 6NM-7.30NM Zone 9 Gemeenskapsaal Thembalethu
  6NM-7.30NM Rosemoor Gemeenskapsaal Rosemoor
22 Junie 2017 6NM-7.30NM Lawaaikamp Gemeenskapsaal Lawaaikamp
  6NM-7.30NM Rooms Katolieke Kerk Rosemoor
26 Junie 2017 6NM-7.30NM Docks Mission Kerk Protea Park
27 Junie 2017 6NM-7.30NM Touwsranten Gemeenskapsaal Touwsranten
  6NM-7.30NM Haarlem Gemeenskapsaal Haarlem
28 Junie 2017 6NM-7.30NM Lyonville Gemeenskapsaal Uniondale

 

Gesubsidieerde  munisipale dienste waarvoor geregistreerde ‘deernis’-huishoudings kwalifiseer sluit in:

  • Ses kiloliter (6kL) gratis water per maand per huishouding (alles meer as 6kL moet voor betaal word);
  • Sewentig (70kW) gratis eenhede elektrisiteit per maand per huishouding (alles meer as 70kW moet voor betaal word);
  • 100% korting op vullisverwydering en riooldienste;
  • 100% korting op erfbelasting op erfwaardasies van minder as R150 000 (indien meer as R150 000 kan ‘n geregistreerde ‘deernis’-huishouding vir ‘n korting in terme van sekere maatstawwe aansoek doen).

Om vir deernisregistrasie te kwalifiseer mag die huishoudelike inkomste nie R4000 per maand oorskry nie. Dit mag deur die geregistreerde huiseienaar, huurder of agterplaasbewoner (in die geval van twee strukture) geëis word.

‘n Persoon wat as ‘n deernisgeval wil registreer of registrasiebesonderhede wil verander, kan dit by enige munisipale kantoor in die George munisipale gebied doen. Die nodige vorm - wat by die munisipale kantore beskikbaar is - moet ingevul word, en die volgende dokumentasie moet saamgeneem word:

ü  ‘n gesertifiseerde afskrif van identifikasie-dokument (ID)

ü  inkomste-inligting soos ‘n salarisstrokie of SASSA-dokumentasie

ü  drie maande se bankstate

ü  ‘n munisipale rekening

ü  ‘n elektrisiteitstrokie (pre-paid slip)

ü  indien die aansoeker nie weet waar die eienaar van die huis waarin hy bly is, of hoe om met hom/haar kontak te maak nie, moet ‘n beëdigde verklaring ingehandig word wat dit so verduidelik.  

 

Last published 15 June 2017